Abattoir Bestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, 'n hoë-deurset rooivleis (3 spesie) Abattoir in die Laeveld, is opsoek na ’n ervare Abattoir Bestuurder om die operasionele bestuur, regulatoriese voldoening en konsekwente gehalte in die aanleg te verseker.
Die ideale kandidaat het 'n relevante kwalifikasie (voedsel-/vleis-/produksie- of bedryfsbestuur), meer as 5 jaar ervaring as Operasionele Bestuurder, Assistent Bestuurder of Algemene Bestuurder van ’n rooivleis abattoir, kennis van gradering (karkas- en vleisgradering) met werkende ervaring van regulatoriese vereistes, en bewese vermoë om voldoening te bestuur.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou ervaring met die implementering en bestuur van ’n gesondheidsbestuurstelsel in ’n abattoir, sterk interpersoonlike vaardighede, die vermoë om met verskeie rolspelers effektief te kommunikeer, detail-georiënteerd, hoë vlak van kwaliteit te gehandhaaf word, ervaring met Meat Matrix sagteware en gevorderde gebruik van die Microsoft Office / M365 pakket, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte
- Bestuur en optimalisering van die daaglikse bedrywighede met fokus op deurset, kostebeheer en produktiwiteit
- Verseker wetlike en regulatoriese nakoming, ouditgereedheid en korrekte rekords/prosedures
- Bestuur van gehaltebeheer, higiëne en prosesse
- Produkstandaarde handhaaf
- Implementering, instandhouding en monitering van die gesondheidsbestuur- en verwante stelsels
- Effektiewe personeelbestuur
- skofte, opleiding, prestasie, dissipline en spanmotivering
- Verslagdoening en data-bestuur
- Ondersteun bestuur met KPI’s en korrektiewe aksies
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 16 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar