Admin Dame

Admin Dame picture

Ons kliënt, ‘n Gemengde Boerdery in die Cullinan distrik in Gauteng, is opsoek na ‘n ervare, energieke en raakvat Admin Dame om deel te word van die Boerdery se dinamiese Span.

Die ideale kandidaat het 1 – 5 jaar ondervinding in Algemene Kantooradministrasie en Datavaslegging, is lewenslustig leergierig en het ‘n vriendelike ge-aardheid met ‘n bo-gemiddelde professionele diensingesteldheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende kommunikasievermoë, ingesteldheid op “detail”, netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen ‘n vinnige tempo te werk en effektief onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Akkurate inpos van data
  • Algemene Administrasie
  • Voorraadbeheer, -opnames en -rekordhouding
  • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd deur Bestuur verlang

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n jong dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer binne 'n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, integriteit, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: 19 Augustus 2024

Aansoeke sluit: 30 Junie 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp