Admin- en Ontvangsdame

Admin- en Ontvangsdame picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n ervare, energieke en raakvat Admin- en Ontvangsdame om deel te word van die Boerdery se dinamiese Span.

Die ideale kandidaat het 2 – 8 jaar ondervinding in Kantooradministrasie, is lewenslustig en het ‘n vriendelike ge-aardheid met ‘n bo-gemiddelde professionele kliëntediensingesteldheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende kommunikasievermoë, ingesteldheid op “detail”, netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen ‘n vinnige tempo te werk en effektief onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Beantwoord en herlei telefoonoproepe op toepaslike wyse
  • Groet besoekers en verskaf nodige hulp
  • Beplan en koördineer afsprake
  • Hanteer inkomende en uitgaande pos, aflewerings en korrespondensie
  • Data-invoer en  byhou van akkurate rekords
  • Bestuur liasseerstelsels en verseker behoorlike dokumentasiebeheeer
  • Monitor toegang
  • Akkurate inpos van data
  • Algemene Administrasie
  • Voorraadbeheer, -opnames en -rekordhouding
  • Rekordhouding – Diesel
  • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd deur Bestuur verlang

Kandidate wat in die Ermelo/Bethal distrik bly sal voorkeur geniet

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 November 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp