Administratiewe Beampte

Administratiewe Beampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n ervare, energieke en raakvat Administratiewe Beampte om deel te word van die Boerdery se dinamiese Span.

Die ideale kandidaat het 2 – 8 jaar ondervinding in Kantooradministrasie, is lewenslustig en het ‘n vriendelike ge-aardheid met ‘n bo-gemiddelde professionele ingesteldheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende kommunikasievermoë, ingesteldheid op “detail”, netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen ‘n vinnige tempo te werk en effektief onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Dag tot dag bestuur van Admin Kantoor
  • Algemene Administratiewe Pligte
  • Debiteure en Krediteure
  • Bank Rekonsiliasies
  • Algemene Joernaalinskrywings
  • Kwotasies en Fakturering
  • Algemene Menslike Hulpbron Pligte
  • Lone en Salarisse
  • Akkurate inpos van data
  • Voorraadbeheer, -opnames en -rekordhouding
  • Rekordhouding – Diesel
  • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd deur Bestuur verlang

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp