Ons gewaardeerde kliënt, ’n vooruitstrewende en gevestigde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na ’n Administratiewe- en Operasionelebestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die bestuur van alle administratiewe- en kantoorfunksies.
Hierdie pos speel ’n kernrol in die doeltreffende werking van die Boerdery deur akkurate rekordhouding, nakoming en ondersteuning aan die produksie- en bestuursprosesse. Die suksesvolle kandidaat sal deel vorm van die bestuurspan en nou saamwerk met die Direkteure en Produksiebestuurders om gladde samewerking tussen veldbedrywighede en kantooradministrasie te verseker.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie in Administrasie, Rekeningkunde of Menslike Hulpbronne, 3–5 jaar ondervinding in ’n soortgelyke rol (verkieslik in ’n landbou- of produksie-omgewing), sterk rekenaarvaardighede (Excel, Word, en rekeningkundige sagteware), uitstekende organisatoriese en kommunikasievaardighede, hoë vlak van akkuraatheid, betroubaarheid en vertroulikheid, en die vermoë om onafhanklik te werk en verskeie prioriteite te hanteer.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk gevoel van eienaarskap, professionaliteit en deeglikheid wie effektief onder druk funksioneer en spêrdatums haal binne 'n span-georiënteerde omgewing, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 23 Oktober 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar