Afdelingbestuurder: Sitrus

Afdelingbestuurder: Sitrus picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese, diverse Boerdery in die Musina distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Afdelingbestuurder om die sitrus produksie-eenheid van 450ha van die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 3 jaar bewese ervaring in die totale Produksiesiklus van Sitrus, werkende kennis van Global Gap en/of SIZA met 'n eienaarskapmentalitiet wie goed kan beplan.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, jou uitstekende leierseienskappe en jou fyn oog vir detail, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Hantering van oudits
  • Begroting- en kostebestuur
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene administrasie en rekordhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid

Diensaanvaarding: 5 Januarie 2026

Aansoeke sluit: 30 Oktober 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp