Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Delmas distrik in Gauteng, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Akkerbou-afdeling van die Boerdery winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (vereiste) met meer as 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse (spesifiek Mielies) onder besproeiing en op droëland, is meganies sterk aangelê met goeie werkende kennis van die nuutste moderne landboutegnologie en presiesieboerdery.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik, netjies en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 14 September 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, water, elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar