AL3 Boerdery, in samewerking met Plaasbestuurder.co.za, bied jongmense die unieke geleentheid om vir ’n volle jaar praktiese kennis en ervaring op te doen by een van Suid-Afrika se grootste en mees dinamiese landbou-ondernemings.
Die Leerlingboer-program fokus op alle fasette van moderne boerdery – van grond tot mark – met die doel om toekomstige landbouleiers te ontwikkel.
Die suksesvolle kandidaat gaan die geleentheid kry om praktiese ervaring in verskeie produksie-eenhede op te doen, mentorskap deur ervare produsente, 'n geleentheid vir groei en moontlike toekomstige indiensneming binne 'n professionele werksomgewing met sterk waardes en spankultuur.
Tydens jou opleidng sal jy blootstelling kry aan:
So, as jy tussen18 tot 24 jaar oud is, 'n matrieksertifikaat en/of tertiêre landboukwalifikasie het, 'n bo-gemiddelde liefde vir landbou en die buitelewe het met 'n sterk werksetiek, positiewe gesindheid en 'n bereidwilligheid om te leer, sien ons uit na jou aansoek.
Aansoeke sluit: 7 November 2025
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar