Algemene Bestuurder: Steenvrugte
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en dinamiese uitvoer-steenvrugteboerdery in die Ladismith-omgewing in die Weskaap, is opsoek na ’n hoogs bekwame en strategies sterk Algemene Bestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die suksesvolle bestuur van die totale boerdery en pakhuis.
Hierdie senior geleentheid is ideaal vir ’n ervare landbouleier met meer as 10 jaar relevante ondervinding in die totale produksie van steenvrugte, asook ’n bewese rekord in algemene bestuur, operasionele beplanning, mensebestuur, kwaliteitbeheer, uitvoerstandaarde en winsgewende besigheidsbestuur. Die onderneming fokus uitsluitlik op uitvoermarkte en beskik oor sy eie pakhuis, wat vereis dat die suksesvolle kandidaat die volle waardeketting met selfvertroue en kommersiële insig kan bestuur.
Die ideale kandidaat sal sterk strategiese vermoëns kombineer met ’n praktiese, verantwoordelike en resultaatgedrewe werkbenadering, en in staat wees om produksie, pakhuisbedrywighede, personeel, gehalte en logistieke vereistes op ’n hoë vlak te koördineer.
Verantwoordelikhede:
- Algehele bestuur van die boerdery en gepaardgaande operasionele funksies
- Strategiese beplanning en uitvoering van produksieprogramme
- Bestuur van steenvrugteproduksie volgens beste praktyke en uitvoerstandaarde
- Toesig oor boordontwikkeling, produksiekwaliteit, oesbeplanning en opbrengsoptimalisering
- Volle betrokkenheid by pakhuisbestuur, verpakking, kwaliteitbeheer en uitsetdoeltreffendheid
- Bestuur van personeel, spanleiers en sleutel operasionele funksies
- Begrotingsbeheer, kostebestuur en fokus op winsgewendheid
- Verseker van nakoming van gehalte-, voedselveiligheids- en uitvoervereistes
- Koördinering van logistiek en tydige lewering volgens markvereistes
- Instandhouding van hoë standaarde ten opsigte van dissipline, produktiwiteit en administrasie
- Rapportering aan eienaars / direksie rakende operasionele prestasie en strategiese fokusareas
Minimum vereistes:
- Minimum 10 jaar ondervinding in die totale produksie van steenvrugte
- Bewese ervaring in ’n senior bestuurs- of algemene bestuursrol
- Uitsonderlike kennis van die kernbeginsels van algemene bestuur
- Sterk begrip van uitvoer-georiënteerde vrugteproduksie
- Ervaring met pakhuisbestuur en die vereistes van geïntegreerde uitvoer
- Goeie kennis van gehaltebeheer, voedselveiligheid en uitvoerprotokolle
- Sterk finansiële, operasionele en administratiewe bestuursvermoë
- Uitstekende leierskap-, kommunikasie- en mensebestuursvaardighede
- Vermoë om strategies te dink en terselfdertyd prakties uitvoering te dryf
- Toepaslike landbou- of bestuurskwalifikasie sal voordelig wees
- Geldige bestuurslisensie
Persoonlike eienskappe:
- Volwasse, stabiele en professionele leier
- Strategiese denker met sterk kommersiële insig
- Resultaatgedrewe en prestasiegeoriënteerd
- Besluitvaardig en selfstandig
- Hoë vlak van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid
- Uitstekende organisatoriese en probleemoplossingsvermoë
- Vermoë om onder druk te funksioneer en standaarde konsekwent te handhaaf
Hierdie is ’n besonderse geleentheid om deel te word van ’n gevestigde Boerdery waar gehalte, professionaliteit en langtermyn volhoubaarheid sentraal staan. Die rol bied die geleentheid om ’n sleutel bestuursposisie te beklee binne ’n geïntegreerde steenvrugtebedryf waar beide produksie en pakhuisbedrywighede intern bestuur word. Vir die regte kandidaat bied hierdie posisie die geleentheid om ’n tasbare verskil te maak, strategiese rigting te help bepaal en ’n beduidende bydrae te lewer tot die voortgesette groei en sukses van die onderneming.
’n Mededingende salaris, gratis behuising en 'n maatskappyvoertuig vir werkdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: Julie 2026
Sluitingsdatum: 18 Mei 2026
Indien jy ’n toegewyde Algemene Bestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]