Algemene Bestuurder: Taksidermie
Ons gewaardeerde kliënt, ’n suksesvolle Maatskappy in die Wildbedryf in Limpopo (2 ure van Pretoria af), is opsoek na 'n Algemene Bestuurder vir hulle Taksidermie wie verantwoordelik sal wees vir die totale, optimale, winsgewende en effektiewe bestuur van die Onderneming.
Hierdie is ’n praktiese leierskapsrol wat ’n slim, afgeronde individu vereis met sterk administratiewe, logistieke en kliëntediensvaardighede, veral met betrekking tot internasionale kliënte.
Die ideale kandidaat het meer as 10 jaar bestuurservaring in ’n Taksidermie met bewese ondervinding in die bestuur van ’n produksiefasiliteit wat meer as 1 000 “mounts” per jaar hanteer en die vermoë het om professioneel en noukeurig met ’n internasionale kliëntebasis te korrespondeer.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie werkende kennis van Microsoft Office en cloud-gebaseerde lêer-/dokumentbestuurstelsels, netjiese, georganiseerde kantoorpraktyke en sterk analitiese vermoë, hoë energievlak en ’n verantwoordelike ingesteldheid met goeie menseverhoudinge, strategiese denker met operasionele kundigheid en ’n passie vir uitnemendheid in kliëntediens, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Toesig oor daaglikse bedrywighede in alle taksidermie-afdelings.
- Bestuur logistiek, permitte en wetlike nakoming vir die internasionale versending van trofeë
- Koördineer die volledige kliëntervaring van aankoms tot versending
- Verseker gladde administratiewe prosesse en koördinering oor alle besigheidseenhede.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 4 Januarie 2026
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf op die Plaas, gratis elektrisiteit, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar