Algemene Bestuurder: Vrugtepakhuis

Algemene Bestuurder: Vrugtepakhuis picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde vrugtepakstoor, is op soek na ’n senior, strategiese en kommersieel sterk Algemene Bestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die bestuur, prestasie en volhoubare groei van ’n hoëpresterende pakstoor.

Hierdie senior bestuursaanstelling rapporteer direk aan die Raad van Direkteure en vereis ’n kandidaat wat gemaklik is om op uitvoerende vlak te funksioneer, maar terselfdertyd die operasionele detail, mensebestuur, finansiële dissipline en kwaliteitstandaarde van ’n hoëdrukproduksie- en pakstooromgewing verstaan en kan dryf.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die totale bestuur van produksie, operasies, finansiële prestasie, nakoming, akkreditasies, batebestuur, personeel, kliënteverhoudinge en strategiese uitvoering binne die onderneming.

Kernverantwoordelikhede

  • Volledige leierskap en bestuur van die pakstoorfasiliteit
  • Beplanning, koördinering en uitvoering van pakskedules in lyn met bemarkingsplanne, produksiebehoeftes en kliëntevereistes
  • Bestuur van totale produksie- en operasionele prosesse binne ’n hoëdruk pakstooromgewing
  • Finansiëlebestuur, begrotingsbeheer, kostebestuur en prestasiemonitering
  • Effektiewe hulpbronbeplanning, skedulering en benutting van mense, toerusting en bates
  • Batebestuur, instandhoudingsbeplanning en operasionele risikobestuur
  • Handhawing van streng gehaltebeheer, voedselveiligheid, nakoming en ouditgereedheid
  • Bestuur en instandhouding van relevante akkreditasies, standaarde en prosedures
  • Ontwikkeling, implementering en verbetering van operasionele stelsels en werksprosedures
  • Personeelbestuur, spanontwikkeling, prestasiebestuur en vestiging van ’n verantwoordbare werkskultuur
  • Bestuur van verhoudinge met die Raad van Direkteure, bemarkers, kliënte, produsente, verskaffers, werknemers en ander belanghebbendes
  • Proaktiewe probleemoplossing, besluitneming en dryf van operasionele uitnemendheid

Minimum vereistes

  • Minstens 5–8 jaar toepaslike senior bestuurservaring binne ’n produksie-, landbou-, uitvoer-, vrugte- of pakstooromgewing
  • Bewese ervaring in die bestuur van veelvuldige spanne en geïntegreerde operasionele funksies
  • Sterk ervaring in komplekse besluitneming, beplanning en uitvoering
  • Breër ervaring binne ’n vrugtepakstoor, varsprodukte- of landbouproduksie-omgewing
  • Tersiêre kwalifikasie op NQF-vlak 7 of ekwivalent
  • Verdere bestuurs-, tegniese of spesialisopleiding sal voordelig wees
  • Sterk finansiële insig, kommersiële oordeel en administratiewe dissipline
  • Bewese ervaring in kliënt-, bemarker-, produsent- en verskafferverhoudinge
  • Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede
  • Goeie aanbiedings-, onderhandelings- en interpersoonlike vaardighede
  • Vermoë om onder druk te prioritiseer, spêrdatums te haal en konsekwent hoë standaarde te handhaaf

Die ideale kandidaat

  • Is ’n senior bestuurder met sterk besigheidsbegrip, integriteit en professionele volwassenheid
  • Is strategies, besluitvaardig, kommersieel ingestel en prestasiegedrewe
  • Verstaan die praktiese realiteite van ’n hoëdruk produksie- en pakstooromgewing
  • Kan mense, prosesse, bates, kwaliteit en belanghebbende verhoudinge professioneel bestuur
  • Beskik oor uitstekende menseverhoudinge en sterk leierskap
  • Bou en handhaaf konstruktiewe verhoudinge met direkteure, werknemers en eksterne rolspelers
  • Neem eienaarskap, gee duidelike rigting en mobiliseer spanne rondom gemeenskaplike besigheidsdoelwitte
  • Is proaktief in probleemoplossing en gemaklik met mededingende operasionele eise
  • Handhaaf integriteit, deursigtigheid, verantwoordbaarheid en hoë professionele standaarde

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare senior pakstoor-, produksie- of landboubestuurder wat gereed is om op uitvoerende vlak volle verantwoordelikheid te neem vir ’n gevestigde en strategies belangrike landboubedryfseenheid. Die pos bied betrokkenheid by strategiese besluitneming en 'n geleentheid om operasionele prestasie en doeltreffendheid te optimaliseer in ’n senior rol waar eienaarskap, leierskap en meetbare resultate werklik waardeer word.

’n Hoogs mededingende salaris word aangebied.

Diensaanvaarding: Julie 2026

Sluitingsdatum: 20 Mei 2026

Indien jy ’n toegewyde Algemene Bestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Maatskappy, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp