Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte

Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Mooirivier distrik in Kwa-Zulu Natal, is opsoek na 'n ervare en energieke Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se Infrastruktuur (basiese elektrisiteit, water, toerusting, infrastruktuur en geboue).

Die ideale kandidaat is enkellopend, sterk meganies (Diesel) en/of ketelmaker en/of "millwright", 3 - 8 jaar ondervinding tot die posisie, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Plaasvoertuig instandhouding en diens
  • Rekordhouding van aktiwiteite en gebruik van kritieke onderdele
  • Vooraadbeheer en - bestuur
  • Biosekuriteit nakoming
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Meganiese en elektriese onderhoud en herstelwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuigtoelaag word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp