Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Heidelberg/Vereeniging distrik, is opsoek na 'n ervare en energieke Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se Infrastruktuur en Toerusting. Die suksesvolle kandidaat sal ook hulp verleen gedurende die plant- en oes-seisoen en sal vorige ervaring as Plaastoerusting Operateur in jou guns tel.
Die ideale kandidaat het 'n Kode 14 bestuurslisensie (vereiste) en 5 - 10 jaar sterk meganies (Diesel) en/of ketelmaker en/of "millwright" ondervinding tot die posisie, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: Die Pos is onmiddelik beskikbaar
Aansoeke sluit: 9 Oktober 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising, en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.