Algemene- /Operasionelebestuurder (Taksidermiebedryf)
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en internasionaal georiënteerde taksidermie-onderneming, is op soek na ’n ervare, strategiese en operasioneel sterk Algemene Bestuurder / Operasionele Bestuurder om die onderneming as ’n selfstandige besigheidseenheid te bestuur.
Hierdie pos vereis ’n uiters ervare professionele persoon met diep praktiese kennis van die taksidermiebedryf, wat die besigheid operasioneel en finansieel kan bestuur en terselfdertyd verseker dat internasionale kliënte se trofeë professioneel, wettig en betyds voorberei en uitgevoer word.
Die suksesvolle kandidaat sal volledige verantwoordelikheid dra vir die finansiële bestuur, produksie, personeel, kwaliteitbeheer en internasionale logistieke prosesse van die besigheid.
Hoofverantwoordelikhede
- Strategiese- en Operasionelebestuur
- Algehele bestuur van die taksidermie-onderneming as ’n winsgewende besigheidseenheid
- Ontwikkeling en implementering van operasionele strategieë
- Optimalisering van produksieprosesse, werkvloei en doeltreffendheid
- Bestuur van daaglikse fabriek- en werkswinkelbedrywighede
- Verseker dat produksietydlyne en kwaliteitstandaarde nagekom word
- Finansiëlebestuur
- Volledige finansiële bestuur van die besigheidseenheid
- Begrotingsopstelling, kostebeheer en finansiële beplanning
- Monitering van winsgewendheid en operasionele koste
- Gereelde finansiële verslagdoening aan eienaars / bestuur
- Identifisering van geleenthede vir kostebesparing en verbeterde doeltreffendheid
- Produksie- en Gehaltebeheer
- Toesig oor alle stadiums van die taksidermie-proses
- Verseker dat trofeë volgens internasionale standaarde voorberei word
- Bestuur van produksiebeplanning en werkvloei
- Handhawing van hoë gehalte vakmanskap en professionele standaarde
- Identifisering en oplossing van operasionele knelpunte
- Internasionale Logistiek en Uitvoerprosesse
- Bestuur van die volledige uitvoerproses van trofeë na internasionale kliënte
- Koördinering van permitte, dokumentasie en regulatoriese vereistes
- Verseker nakoming van uitvoer-, invoer- en wildverwante regulasies
- Samewerking met logistieke maatskappye, agente en internasionale kliënte
- Bestuur van tydlyne en dokumentasie vir trofeë wat internasionaal verskeep word
- Personeelbestuur en Leierskap
- Bestuur en ontwikkeling van personeel binne die taksidermie fabriek
- Skep van ’n professionele, gedissiplineerde en produktiewe werksomgewing
- Implementering van prestasiestandaarde en aanspreeklikheid
- Opleiding en ontwikkeling van personeel waar nodig
- Administrasie en Stelsels
- Implementering van effektiewe administratiewe en operasionele stelsels
- Bestuur van voorraad, materiaal en toerusting
- Verseker dat rekordhouding, permitte en dokumentasie akkuraat bestuur word
Minimum Vereistes
- Minimum 10 jaar praktiese ervaring binne die taksidermiebedryf (vereiste)
- Bewese ervaring in bestuur, operasionele bestuur of fabriekbestuur
- Uitstekende kennis van internasionale trofee-uitvoerprosesse
- Sterk ervaring met permitte, dokumentasie, uitvoer- en invoerregulasies
- Goeie begrip van die volledige proses om ’n trofee vir internasionale versending voor te berei
- Sterk finansiële en besigheidsbestuursvaardighede
- Uitstekende organisatoriese en administratiewe vermoë
- ’n Tersiêre kwalifikasie in Besigheidsbestuur, Produksiebestuur of Operasionele Bestuur sal tot voordeel strek.
Persoonlikheid en Leierskapseienskappe
Die ideale kandidaat is:
- ’n Sterk leier met natuurlike gesag
- Baie georganiseerd en sistematies
- Resultaatgedrewe en finansieel ingestel
- 'n Persoon met ’n sterk eienaarskapmentaliteit
- Besluitvaardig en oplossingsgerig
- Iemand wat orde, dissipline en professionele standaarde handhaaf
- Iemand wat prosesse kan bou, verbeter en bestuur
Hierdie rol vereis ’n bestuurder wat selfstandig kan funksioneer en volle verantwoordelikheid kan neem vir die sukses, professionaliteit en winsgewendheid van die onderneming.
Hierdie pos bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare taksidermie-professional wat gereed is om ’n gevestigde onderneming op ’n strategiese en professionele vlak te bestuur, met internasionale kliënte en hoë kwaliteitstandaarde.
Diensaanvaarding: Onmiddelik
Aansoeke sluit: 22 Maart 2026
Markverwante salaris met gepaste voordele vir die senior pos word aangebied
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]