Algemene Plaasbestuurder

Algemene Plaasbestuurder picture

Is jy ’n praktiese plaasbestuurder wat gemaklik is om meer as een vertakking onder jou hand te hê? Iemand wat nie net toesig hou nie, maar werklik die plaas laat werk - van beeste en wild tot spilpunte, pompe, paaie, heinings, arbeid en daaglikse uitvoering?

Hierdie geleentheid is vir ’n bestuurder wat hou van verantwoordelikheid, selfstandig kan beplan en die energie het om ’n diverse boerdery-omgewing verder te help opbou.

Die pos is geleë in die Steenbokpan-omgewing naby Lephalale en bestaan uit twee plaas-eenhede in dieselfde gebied.

Die een eenheid fokus op wild, kommersiële beesboerdery en ’n nuut ontwikkelde lodge wat in die toekoms tydens jagseisoene professioneel bestuur sal moet word. Die ander eenheid fokus op besproeiingsproduksie met spilpunte, lusern, gewaspotensiaal en sterk water- en pompinfrastruktuur.

Hierdie is ’n praktiese bestuurspos waar goeie onderhoud, arbeidsbestuur, beplanning en opvolgwerk baie belangrik is.

Die ideale kandidaat is ’n betroubare, ervare en selfstandige plaasbestuurder wat goed funksioneer in ’n afgeleë boerdery-omgewing. Hy moet gemaklik wees met vee, wild, jagverwante bedrywighede, besproeiing, trekkers, implemente, pompe en algemene instandhouding.

Hierdie rol sal pas by iemand wat nie bang is om ’n werkspan te lei, standaarde te stel en verantwoordelikheid vir resultate te neem nie.

Die Algemene Plaasbestuurder sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur, instandhouding en operasionele koördinering van die twee plaas-eenhede. Die fokus is om produksie, infrastruktuur, personeel en praktiese plaasaktiwiteite netjies, doeltreffend en volhoubaar te bestuur.

Sleutel Verantwoordelikhede

  • Daaglikse bestuur van die wilds-, bees- en besproeiingsvertakkings
  • Praktiese bestuur van kommersiële beeste, met Brahman-ervaring as ’n voordeel
  • Toesig oor wildsplaasbestuur, heinings, paaie en infrastruktuur
  • Voorbereiding en ondersteuning van jagseisoen- en lodgebedrywighede
  • Bestuur van spilpunte, drupbesproeiing, pompnetwerke en waterinfrastruktuur
  • Praktiese betrokkenheid by lusern, mielies en groentegewasse soos pampoen en butternuts
  • Algemene plaasinstandhouding, herstelwerk en probleemoplossing
  • Arbeidsbestuur, goeie werksverhoudinge en opbou van ’n betroubare werkspan
  • Bestuur van trekkers, toerusting, implemente en daaglikse plaasaktiwiteite
  • Ondersteuning met plaasuitbreiding, verbeterings en projekbestuur waar nodig
  • Beheer van indringerbos en algemene netheid van die plaasomgewing

Minimum Vereistes

  • 5-10 jaar toepaslike plaasbestuurservaring
  • Sterk praktiese ervaring in gemengde boerdery
  • Ervaring met beesboerdery en wildsplaasbestuur
  • Goeie kennis van besproeiing, veral spilpunte en drupstelsels
  • Praktiese kennis van pompe, pypnetwerke, elektriese en meganiese foutopsporing
  • Ervaring met trekkers, implemente en algemene plaasinstandhouding
  • Goeie arbeidsbestuursvermoë
  • Kode 10-bestuurslisensie
  • Tersiêre kwalifikasie is nie ’n vereiste nie, maar praktiese ervaring is noodsaaklik

Persoonlike Eienskappe

  • Selfstandig en verantwoordelik
  • Prakties, oplettend en oplossingsgerig
  • Goeie menseverhoudinge en ferm, billike leierskap
  • Netjies en trots op infrastruktuur, toerusting en orde
  • Betroubaar, eerlik en langtermyn ingestel
  • Gemaklik met ’n diverse, afgeleë boerdery-omgewing

Markverwante salaris eie aan die bedryf, prestasiebonus kan oorweeg word, gratis behuising (3 slaapkamers), gratis water, elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Die pos bied ’n goeie geleentheid vir ’n kandidaat wat stabiliteit, verantwoordelikheid en langtermynbetrokkenheid in ’n gemengde boerdery soek

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Julie 2026

Indien jy 'n praktiese, verantwoordelike bestuurder is wat werklik waarde in ’n diverse boerdery-omgewing kan toevoeg, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp