Algemene Plaasbestuurder: Avokado

Algemene Plaasbestuurder: Avokado picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n Suid-Afrikaanse Maatskappy met belange in Mosambiek, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Algemene Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Produksie-eenheid in Mosambiek.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (sal in jou guns tel), 5 - 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Avokado of Boomgewasse of Groente met goeie ondervinding in besproeiingsbestuur, werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme met blootstelling aan Kwaliteitsisteme (Global Gap/Tesco/Siza)

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, ervaring in algemene meganiese instandhouding, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail, puntinerigheid en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Avokado
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene instandhouding, diens en herstel op toerusting en infrastruktuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandvoorkoming en -bestuur

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, verhuisingskostes, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp