Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte

Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Welkom distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Boerdery se Plaasvoertuie, -implemente en -werktuie.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (aanbeveel) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel en Petrol) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente. Kennis in die herstel en instandhouding van Spilpunte sal in jou guns tel. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie rekordhouding- en beplanningsvermoë, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van trekkers, bakkies, en ander plaastoerusting
  • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
  • Verseker dat alle plaastoerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens oor naweke in plant- en oestyd
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 Julie 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, elektrisiteit, water en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp