Assistent Beeskuddebestuurder

Assistent Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Fauriesmith distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Assistent Beeskuddebestuurder om die Beeskuddebestuurder by te staan om die Boerdery se Beeskudde koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde. (Kommersieël en Stoet)

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, sober gewoontes, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun die Beeskuddebestuurder in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Instaan vir die Beeskuddebestuurder in sy afwesigheid
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 November 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp