Assistent Beeskuddebestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde beesboerdery in die Ogies-distrik, is op soek na ’n jong, energieke en praktiese Assistent Beeskuddebestuurder om deel te vorm van hul operasionele span.
Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat met 1 tot 3 jaar praktiese ondervinding in beesboerdery, wat sy loopbaan verder wil bou onder leiding van ’n ervare bestuurspan. Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om prakties betrokke te wees by die daaglikse bestuur van die kudde, veld, infrastruktuur en algemene plaasaktiwiteite.
Ons soek ’n betroubare, hardwerkende en oplettende persoon met ’n goeie ingesteldheid, sterk werksetiek en die bereidwilligheid om te leer, verantwoordelikheid te neem en saam met die span te groei.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- Graad 12
- 1 tot 3 jaar praktiese ondervinding in beesboerdery
- Basiese kennis van kuddebestuur, veldbestuur en algemene dieregesondheid
- Praktiese ondervinding met hantering van beeste, kraalwerk en daaglikse veewerk
- Basiese kennis van entings, dosering, dip, identifikasie en rekordhouding
- Goeie algemene plaasvaardighede
- Geldige bestuurslisensie
- Meganiese en instandhoudingsvaardighede sal ’n voordeel wees
- Tersiêre landboukwalifikasie sal ’n sterk aanbeveling wees, maar is nie verpligtend nie
Die suksesvolle kandidaat sal die Beeskuddebestuurder ondersteun met:
- Daaglikse beeskuddebestuur
- Monitering van dieregesondheid en kondisie
- Kraalwerk, sortering, tel, merk en algemene hantering van beeste
- Entings, dosering, dip en ander voorkomende gesondheidsprogramme
- Kontrole van waterpunte, kampe, heinings en veeinfrastruktuur
- Veldwaarneming en algemene kampbestuur
- Basiese rekordhouding rondom dierebewegings, behandelings en produksie-inligting
- Toesig oor werkers waar nodig
- Algemene plaaswerk, instandhouding en ondersteuning tydens besige seisoene
Ons kliënt is op soek na ’n kandidaat wat:
- Betroubaar, eerlik en verantwoordelik is
- Prakties ingestel is en nie bang is vir harde werk nie
- Goeie waarnemingsvermoë het
- Bereid is om te leer en leiding te aanvaar
- Rustig en geduldig met diere werk
- Netjies, georganiseerd en konsekwent is
- Goed binne ’n span kan funksioneer
- ’n Langtermynloopbaan in beesboerdery wil bou
’n Markverwante pakket sal onderhandel word volgens ondervinding, vaardighede en geskiktheid.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 12 Julie 2026
Indien jy ’n opsoek is na ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur die skakel👉 [aansoek]