Assistent Bestuursegpaar: Gasteplaas
’n Unieke leefstylgeleentheid wag vir ’n jong, dinamiese egpaar wat saam ’n gevestigde gasteplaas in die Karoo wil bestuur.
Ons gewaardeerde kliënt is op soek na ’n energieke bestuursegpaar wat saam met die eienaar die gasteplaas se daaglikse bedrywighede kan bestuur en verder ontwikkel. Hierdie rol bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n jong paartjie wat verantwoordelikheid wil neem, saam wil groei en ’n leefstyl op ’n plaas wil bou.
Hierdie pos gaan verder as net ’n werk – dit is ’n geleentheid om ’n gasteplaas met trots, eienaarskap en passie te bestuur.
Die Geleentheid
Ons soek ’n egpaar wat:
- Lief is vir die platteland en Karoo-leefstyl
- Graag met mense werk en gaste ontvang
- Prakties en oplossingsgedrewe is
- Met inisiatief en eienaarskap werk
- Die vermoë het om selfstandig besluite te neem
- Trots is op kwaliteit en diens
Die suksesvolle egpaar sal saam optree as die gesig van die gasteplaas en ’n sleutelrol speel in die daaglikse bestuur van die besigheid.
Plaasbestuurder (Man)
Die ideale kandidaat beskik oor:
- ’n Landbou-, natuurbewarings- of verwante kwalifikasie (aanbeveel)
- Minimum 2 jaar praktiese ondervinding op ’n plaas of gasteplaas
- Sterk praktiese en meganiese aanleg
- Basiese kennis van boerderypraktyke en natuurbewaring
- Vermoë om verantwoordelikheid te neem en onafhanklik te werk
Verantwoordelikhede
- Bestuur van daaglikse operasionele bedrywighede
- Algemene plaas- en infrastruktuurinstandhouding
- Bestuur van arbeid
- Brandbestuur en brandvoorkoming
- Instandhouding van paaie, heinings en infrastruktuur
- Bestuur van indringerplante
- Plaassekuriteit en netheid
- Ontvang van gaste en optrede as gasheer
- Rekordhouding en verslagdoening
Gasteplaasbestuurderes (Vrou)
Die ideale kandidaat beskik oor:
- ’n Na-skoolse kwalifikasie in gasvryheid, toerisme of administrasie (aanbeveel)
- Minimum 2 jaar ondervinding in lodge-, hotel- of gastehuisbestuur
- Sterk administratiewe en rekenaarvaardighede
- Uitstekende mensevaardighede en gasvryheid
- Fyn oog vir detail en hoë diensstandaarde
Verantwoordelikhede
- Ontvang en verwelkom van gaste
- Administrasie en ontvangspligte
- Bemarking en bestuur van sosiale media
- Toesig oor huishouding
- Voorraadbeheer en bestellings
- Kamerkontroles en gehaltebeheer
- Personeelopleiding
- Koördinering van dag-tot-dag lodge aktiwiteite
- Bestuur van inventarisse en plaaswinkel
- Optrede as gasvrou en ambassadeur
Wie Moet Aansoek Doen
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n jong getroude paartjie wat:
- ’n loopbaan in gasvryheid en plaasbestuur wil bou
- ’n leefstyl in die Karoo wil vestig
- die vermoë het om saam as span ’n besigheid te bestuur
Weens die afgeleë ligging van die plaas en die aard van die bedryf, sal hierdie pos meer geskik wees vir egpare sonder kinders.
'n Mededingende salaris, prestasie-gebaseerde bonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 25 Maart 2026
Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur diè 👉 [aansoekvorm]