Assistent Pakuisbestuurder

Assistent Pakuisbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n  vooruitstrewende Boerdery in die Merensky distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, leergierige en raakvat Assistent Bestuurder om die Eienaar by te staan in die daaglikse Operasionele Bedrywighede van die Pakhuis.

Die ideale kandidaat het matriek (vereiste) en/of 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), wie leergierig is ,netjies op self en werk, stiptelik en gedrewe.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou meganiese aanleg en jou ambisie om suksesvol te groei in jou Loopbaan, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is 'n ideale intreevlak geleentheid vir iemand wat betrokke wil in die Landbouwaardeketting en in die proses vir homself 'n loopbaan wil uittrap.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Desember 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp