Assistent Plaasbestuurder
Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Jan Kempdorp distrik in die Noordkaap, is op soek na 'n jong, leergierige en energieke Assistent Plaasbestuurder om die Plaasbestuurder en Eienaars by te staan om die Plaas koste-effektief, optimaal en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 2 jaar ondervinding binne gemengde boerdery wie sterk meganies aangelê is.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie tydsbestuur en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Ondersteun die Plaasbestuurder en Eienaars in die daaglikse operasionele bedrywighede
- Handel take doeltreffend en netjies af
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Lei deur en volg voorbeeld
- Instaan vir die Plaasbestuurder in sy afwesigheid
- Plaassekuriteit en -netheid
- Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 November 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar