Assistent Plaasbestuurder: Beeste

Assistent Plaasbestuurder: Beeste picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Henneman distrik in die Vrystaat, is op soek na 'n jong, leergierige en energieke Assistent Plaasbestuurder om die Plaasbestuurder by te staan om die Beeskudde oor drie Plase in die distrik koste-effektief, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 2 jaar ondervinding in alle aspekte van Beeskuddebestuur, is 'n ervare Plaastoerusting Operateur en is sterk meganies met werkende kennis van algemene instandhouding.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie tydsbestuur en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun die Plaasbestuurder in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Algemene Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor kondisie en getalle
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Instaan vir die Plaasbestuurder in sy afwesigheid
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Januarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp