Assistent Plaasbestuurder: Groente

Assistent Plaasbestuurder: Groente picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Dendron distrik in Limpopo, is op soek na 'n ervare en energieke Assistent Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Plaasbestuurder koste-effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groete (Aartappels en Uie sal in jou guns tel) onder besproeiing. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die Produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaard
  • Bestuur besproeiing, bemesting- en plaagbeheerprogram

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 6 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp