Assistent Plaasbestuurder: Groente
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Vivo distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke en raakvat Assistent Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Plaasbestuurder koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), is 'n ervare plaastoerusting operateur met 2 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente, veral aartappels en "butternuts" op droëland en onder besproeiing wie sterk meganies aangelê is en vorige blootstelling aan Pakhuisbestuur het. (sal in jou guns tel)
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Staan die Plaasbestuurder by met die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
- Totale Produksiesiklus van Gewasse
- Algemene en voorkomende Instandhouding
- Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
- Paaie en brandbane
- Infrastruktuur instandhouding
- Lei deur en volg voorbeeld
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit en -netheid
- Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 31 Januarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.