Assistent Plaasbestuurder: Groente

Assistent Plaasbestuurder: Groente picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Dendron distrik in Limpopo, is opsoek na twee ervare en energieke Bestuurders om twee Plase van die Boerdery (Dendron en Waterpoort) in samewerking met die Plaasbestuurders koste-effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 3 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groete (Aartappels en Uie sal in jou guns tel) onder besproeiing. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die Produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaard
  • Bestuur besproeiing, bemesting- en plaagbeheerprogram

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 26 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp