Assistent Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Assistent Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Saaiboerdery in die Koster/Derby distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Assistent Plaasbestuurder om die Plaasbestuurder by te staan om die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland, 'n Kode 14 bestuurslisensie (aanbeveel), is sterk meganies aangelê en het baie goeie ondervinding in Presisieplanttegnologie.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Plaasbestuurder
  • Bestuur die totale produksiesiklus van gewasse
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Algemene herstel en voorkomende instandhouding op plaaswerktuie, -implemente en -toerusting
  • Infrastruktuur instandhouding
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp