Assistent Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Assistent Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Fauresmith distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Assistent Bestuurder om die Saai-afdeling van die Boerdery in samewerking met die Plaasbestuurder koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland en onder besproeiing wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou vermoë om strategies te beplan, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Besproeiingsbestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Algemene en voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
    • Infrastruktuur
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Desember 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp