Assistent Produksiebestuurder: Sog-eenheid

Assistent Produksiebestuurder: Sog-eenheid picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die sentrale distrik van Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Assistent Produksiebestuurder om ‘n 2 000 Sog produksie-eenheid van die Boerdery in samewerking met die Produksiebestuurder doeltreffend, koste effektief, volhoubaar en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat is 'n leergierige pas gegradueerde Landbou student of het 'n toepaslike kwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar toepaslike ondervinding, is sterk rekenaarvaardig, op datum met die nuutste tegnologie en is Zoeloe en/of siSwati magtig (aanbeveel).

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, leergierigheid, uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die implementering van strategie
  • Daaglikse operasionelebestuur van die eenheid
  • Verseker dat produksieteikens bereik word
  • Kuddegesondheid
    • veegesondheid en -welsyn
  • Reproduksiebestuur
    • KI-proses
    • hitte-observasie
    • dragtigheidsbevestiging
  • Rantsoenbestuur
  • Vooraadbestuur
  • Voldoening aan Biosekuriteit protokol
  • Bestuur 'n span personeel en verskaf opleiding wanneer nodig
  • Verseker voldoening aan regulasies en standaarde
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Volg en lei deur voorbeeld

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n jong leergierige individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes  word aangebied

Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp