Assistent Produksiebestuurder: Intensiewe Varkboerdery
Ons kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Bethal distrik in Mpumalanga, is op soek na 'n jong, leergierige en energieke Assistent Produksiebestuurder om die Produksiebestuurder by te staan om die Vark-eenheid van die Boerdery koste-effektief, optimaal en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 'n passie en liefde om betrokke te raak in Varkproduksie.
Pligte:
- Staan die Produksiebestuurder by in die daaglikse operasionelebestuur van die eenheid
- Kuddegesondheid
- Reproduksiebestuur
- Rantsoenbestuur
- Vooraadbestuur
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Lei deur en volg voorbeeld
- Handel take doeltreffend en netjies af
- Verseker voldoening aan regulasies en standaarde
- Plaassekuriteit, -biosekuriteit en -netheid
- Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 November 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar