Assistent Reservaat- en Lodgebestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, 'n 8 000ha Privaat Reservaat in die Waterberge van Limpopo, is dringend opsoek na 'n jong, energieke Assistent Bestuurder om die Algemene Bestuurder by te staan om die Reservaat optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.
Die ideale kandidaat is enkellopend, het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar uitgebreide kennis in Wildsplaas-, Reservaat- en Lodgebestuur.
Bogenoemde gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige bestuurslisensie, ‘n Beroepsjagter Sertifikasie (aanbeveel) en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Reservaatbestuur
- Effektiewe bestuur van die Reservaat
- Algemene Instandhouding
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Brandbestuur en -voorkoming
- Sekuriteit en -netheid
- Infrastruktuur instandhouding
- Bestuur van indringerplante
- Voedingsbestuur
- Gastebestuur
- Ontvang van Gaste
- Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
- Gaste uitstappies en wildritte
- Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
- Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
- Rekordhouding en Verslagdoening
- Enige ander take soos verlang
Diensaanvaarding: Desember 2025
Aansoeke sluit: 26 November 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar