Assistent Veebestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Murraysburg-distrik, is opsoek na ’n ervare en betroubare Assistent Veebestuurder om die huidige Veebestuurder by te staan met die daaglikse bestuur van die veevertakking, met spesifieke fokus op Kleinvee.
Hierdie pos is ideaal vir ’n praktiese kandidaat wat reeds goeie ondervinding in veehantering opgebou het en wat ook oor algemene plaasvernuf beskik. Benewens betrokkenheid by die daaglikse bestuur van die vee, sal die suksesvolle kandidaat ook waarde toevoeg waar algemene bouwerk, herstelwerk en infrastruktuurontwikkeling op die plaas benodig word.
Minimum Vereistes:
- Minimum 5 tot 10 jaar praktiese ondervinding in ’n vee-omgewing
- Bewese ervaring met skape en/of bokke
- Goeie praktiese kennis van daaglikse veebestuur
- Vermoë om saam met die huidige Veebestuurder te werk en verantwoordelikheid te deel
- Basiese tot goeie kennis van algemene bouwerk en konstruksie op ’n plaas
- Praktiese ingesteldheid en vermoë om hande vuil te maak
- Betroubare, verantwoordelike en selfstandige werksetiek
- Goeie kommunikasie- en menseverhoudingsvaardighede
- Vermoë om instruksies goed uit te voer en ook self inisiatief te neem
Kernverantwoordelikhede:
- Ondersteuning van die huidige Veebestuurder met die daaglikse bestuur van die veevertakking
- Hantering en toesig van skape en/of bokke
- Hulp met algemene diereversorging, kampbestuur en roetine-aktiwiteite
- Waarneming van dieregesondheid en rapportering van probleme
- Ondersteuning met algemene plaasaktiwiteite waar nodig
- Betrokkenheid by algemene bou- en konstruksiewerk op die plaas
- Instandhouding en herstel van sekere infrastruktuur waar toepaslik
- Verseker dat take netjies, verantwoordelik en betyds afgehandel word
Die ideale kandidaat:
Ons soek ’n kandidaat wat prakties, lojaal en hardwerkend is, met ’n opregte belangstelling in vee en die bereidheid om ’n ondersteunende maar belangrike rol binne die boerdery te vervul. Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir iemand wat nie net ervaring met skape of bokke het nie, maar ook graag ’n breër bydrae wil lewer binne die algemene plaasomgewing.
Hierdie pos sal goed pas by ’n kandidaat wat daarvan hou om prakties betrokke te wees, wat goed funksioneer in ’n landelike omgewing, en wat waarde kan toevoeg tot beide die veevertakking en die algemene instandhouding en ontwikkeling van die plaas.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 29 April 2026
Indien jy belangstel in ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde kommersiële boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]