Beeskudde- en Beesvoerkraalbestuurder

Beeskudde- en Beesvoerkraalbestuurder picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Bethlehem distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, raakvat en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Beeskudde en Beesvoerkraal winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Beeskudde- en Beesvoerkraal.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Voerkraal
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor getalle
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algemene instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 10 Desember 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp