Beeskudde- en Beesvoerkraalbestuurder (Zambië)

Beeskudde- en Beesvoerkraalbestuurder (Zambië) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese gemengde boerdery in die Suid-Provinsie van Zambië, is opsoek na energieke, dinamiese, pro-aktiewe en passievolle Beeskudde - en Beesvoerkraalbestuurder om die Beeskudde (Stoet en Kommersieël) en Beesvoerkraal van die Boerdery winsgewend, koste-effektief, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale kandidate het 'n landboukwalifikasie (sterk aanbeveel), met meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en doelgerigte bestuur van 'n beeskudde (kommersieel en stoet) en beesvoerkraal.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bogemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Operasionelebestuur
    • Bestuur die implementering van strategie
    • Bestuur die dag-tot-dag bedrywighede
    • Voorraadbeheer
    • Algemene administrasie en rekordhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting, opleiding en leiding deur voorbeeld
  • Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
      • Bestuur van Bulle
      • KI
      • Dragtigheidsondersoeke
      • Kalwerbestuur
  • Beesvoerkraalbestuur
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Algemene instandhouding
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp