Beeskuddebestuurder

Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Bela-Bela distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, raakvat en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde (Stoet en Kommersieël) van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n BSc Tersiêre Kwalifikasie in Veeteelt (vereiste) met 6 maande tot 8 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël), KI ondervinding met resultate en werkende kennis van dragtigheidsondersoeke.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, akkurate administrasie, goeie kommunikasie-, en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
        • Kunsmatige Inseminasie
        • Dragtigheidsondersoek
        • Sinkronisasie van vroulike diere
      • Bestuur van Kalwers
        • Merk
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
    • Rekordhouding en administrasie inlyn met die Telersgenootskap Riglyne
  • Algemene Instandhouding en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Die Hooffokus van die Pos is Beeskuddebestuur, maar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om die ook die Saai en Wild gedeelte van die Boerdery effektief te bestuur. Kandidate met werkende kennis van die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland en Algemene Wildplaasbestuur sal voorkeur geniet.

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2024

Aansoeke sluit: 30 April 2024

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp