Beeskuddebestuurder

Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, raakvat en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde (Stoet en Kommersieël) van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud en het meer as 10 jaar bewese ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, rekenaarvaardigheid, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Biosekuriteit
    • Weidingbestuur
    • Reproduksie
    • Bestuur van Kalwers
    • Kudde en getalle monitor
  • Produksiesiklus van teff en oulandsgras
  • Algemene Instandhouding op Toerusting en Infrastruktuur
  • Plaasnetheid en -sekuriteit
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en verslagdoening

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (3 slaapkamers), elektrisiteit, jaarlikse prestasiebonus as persentasie van veeverkope en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Januarie 2026

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp