Beeskuddebestuurder

Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde gemengde boerdery in die Bethlehem-distrik, is opsoek na ’n ervare, verantwoordelike en prakties ingestelde Beeskuddebestuurder om ’n sleutelrol te vervul in die doeltreffende bestuur van die kudde en die suksesvolle uitvoering van daaglikse aktiwiteite.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat met meer as 5 jaar toepaslike ondervinding in beeskuddebestuur, met goeie werkende kennis van stoetbestuur. Die suksesvolle kandidaat moet ’n sterk aanvoeling hê vir diere, oor goeie dissipline en verantwoordelikheid beskik, en met selfvertroue kan funksioneer in ’n praktiese produksie-omgewing waar konsekwentheid, rekordhouding en aandag aan detail van groot belang is. Die vermoë om Sotho te praat sal ’n sterk aanbeveling wees.

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende:

  • Meer as 5 jaar praktiese ondervinding in beeskuddebestuur
  • Beplanning en implementering van teelprogramme
  • Seleksie van diere volgens produksie- en genetiese doelwitte
  • Bestuur van dekseisoene, KI-programme en reproduksieprosesse
  • Monitering van kuddegesondheid en algemene dierprestasie
  • Rekordhouding van stoetdata, produksie-inligting en prestasie
  • Toesig oor voeding, veldbestuur en algemene kondisie van diere
  • Voorbereiding van diere vir veilings, skoue en bemarking waar van toepassing
  • Bestuur van personeel binne die afdeling
  • Instandhouding en beheer van infrastruktuur, heinings, waterpunte en toerusting
  • Verseker dat die kudde volgens hoë standaarde en beste praktyke bestuur word\
  • Kandidate wat kan Sotho praat en verstaan sal voorkeur geniet

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Daaglikse bestuur en toesig oor die beeskudde
  • Ondersteuning en betrokkenheid by stoetverwante bestuurspraktyke
  • Monitering van diergesondheid, kondisie en algemene kuddeprestasie
  • Ondersteuning met teel-, kalf- en reproduksiebestuur
  • Rekordhouding van produksie-, gesondheids- en kudde-inligting
  • Toesig oor werkvloei en personeel waar van toepassing
  • Handhawing van netheid, orde en hoë werkstandaarde binne die afdeling

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare beeskuddebestuurder wat graag deel wil wees van ’n gevestigde boerdery waar praktiese kundigheid, verantwoordelikheid en langtermynbydrae opreg waardeer word. Die rol bied aan die regte kandidaat die geleentheid om sy of haar ervaring in kudde- en stoetbestuur sinvol toe te pas binne ’n stabiele en professionele landbou-omgewing.

’n Mededingende salaris, gratis behuising en 'n maatskappyvoertuig vir werkdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 18 Mei 2026

Indien jy ’n toegewyde Beeskuddebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp