Beesplaasbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende beesboerdery in die Hartbeesfontein distrik in die Noordwes Provinsie, is op soek na ’n energieke, praktiese en verantwoordelike Beesplaasbestuurder om ’n sleutelrol in die daaglikse bestuur en verdere ontwikkeling van die boerdery te vervul.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat met 3 – 5 jaar relevante ondervinding wat ’n passie vir beeste het en ’n sterk eienaarskapmentaliteit toon.
Sleutelverantwoordelikhede:
- Algehele bestuur van die beeskudde
- Beplanning en implementering van teelprogramme
- Kuddegesondheid
- Voer- en weidingsbestuur
- Toesig oor personeel en daaglikse werksbeplanning
- Rekordhouding en basiese administrasie
- Instandhouding van infrastruktuur en toerusting
Minimum Vereistes:
- 3 – 5 jaar praktiese ondervinding in beesboerdery
- Goeie kennis van kuddebestuur en veeboerderypraktyke
- Basiese meganiese aanleg
- Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
- Goeie kommunikasie- en menseverhoudingsvaardighede
- Geldige bestuurslisensie
Voorkeur:
- Tersiêre landboukwalifikasie (aanbeveel)
- Ondervinding met stoet- of kommersiële beesboerdery
- Getroud (sterk aanbeveel)
Persoonlike Eienskappe:
- Prakties en oplossingsgedrewe
- Betroubaar en gedissiplineerd
- Sterk werksetiek en toewyding
- Eienaarskapmentaliteit en trots in werk
Indien jy ’n passie vir beeste het en op soek is na ’n geleentheid waar jy werklik ’n verskil kan maak, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]
Aansoeke sluit: 19 April 2026
Diensnaanvaarding: So gou as moontlik