Beesplaasbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde beesboerdery in die Rustenburg-distrik, is op soek na ’n ervare en verantwoordelike Beesplaasbestuurder om volle operasionele verantwoordelikheid om die boerdery onafhanklik koste-effektief, volhoubaar en winsgewend te bestuur.
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n praktiese en selfstandige kandidaat wat nie net oor sterk ervaring in beeskuddebestuur beskik nie, maar ook die vermoë het om die plaas se totale daaglikse funksionering met volwassenheid, dissipline en ’n sterk eienaarskapmentaliteit te bestuur. Hierdie rol vereis ’n bestuurder wat met selfvertroue verantwoordelikheid kan neem vir die kudde, personeel, implemente, instandhouding, administrasie en algemene operasionele uitvoering.
Minimum Vereistes:
- Tersiêre kwalifikasie aanbeveel
- Minimum 5 tot 10 jaar toepaslike praktiese ondervinding in beesboerdery
- Bewese ervaring in beeskuddebestuur, diergesondheid, voeding en algemene veehantering
- Vermoë om ’n plaas selfstandig en in totaliteit te bestuur
- Goeie kennis van en ervaring met die bestuur en hantering van landbou-implemente en toerusting, insluitend trekkers, balers, TLB’s en ander plaaswerktuie
- Meganiese aanleg en praktiese begrip van instandhouding en herstelwerk sal sterk in die kandidaat se guns tel
- Sterk administratiewe vaardighede met akkurate rekordhouding en verslagdoening
- Goeie besigheidsvernuf en die vermoë om hulpbronne, kostes en operasionele take verantwoordelik te bestuur
- Bewese ervaring in personeelbestuur, taakdelegasie en spanleiding
- ’n Selfstandige, betroubare en verantwoordelike werkbenadering
- Vermoë om probleme prakties en betyds op te los
Sleutelverantwoordelikhede:
- Volledige bestuur van die beeskudde en alle verwante aktiwiteite
- Toesig oor diergesondheid, voeding, kondisie, reproduksie en algemene welstand van die vee
- Beplanning, organisasie en uitvoering van die plaas se daaglikse operasionele aktiwiteite
- Bestuur en toesig oor die gebruik van trekkers, balers, TLB’s en ander implemente
- Algemene instandhouding van infrastruktuur, toerusting en plaasbates
- Hantering en koördinering van herstelwerk en voorkomende onderhoud
- Bestuur van personeel, werkverrigting en daaglikse taakuitvoering
- Akkurate administrasie, rekordhouding en operasionele verslagdoening
- Operasionele besluitneming en probleemoplossing
- Verseker dat die boerdery ordelik, produktief en kostedoeltreffend funksioneer
Hierdie pos bied aan die regte kandidaat die geleentheid om ’n wesenlike bestuursrol binne ’n gevestigde beesboerdery te vervul waar selfstandigheid, verantwoordelikheid en praktiese vernuf hoog op prys gestel word. Dit is ’n besonder geskikte geleentheid vir ’n kandidaat wat reeds goeie kudde-ervaring opgebou het, sterk operasioneel funksioneer en gereed is om ’n breër bestuursverantwoordelikheid te dra. Die rol sal goed pas by iemand wat trots is op netjiese werk, maklik eienaarskap neem, en die vermoë het om nie net die vee nie, maar ook die plaas professioneel, stabiel en met goeie oordeel te bestuur.
’n Mededingende salaris, gratis behuising en 'n maatskappyvoertuig vir werkdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 26 Mei 2026
Indien jy ’n toegewyde Beeskuddebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]