Beesplaasbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Beesboerdery in die Kriel distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Beesplaas onafhanklik, koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Kommersieël en Stoet) met werkende kennis in die produksiesiklus van voergewasse en/of aangeplante weiding.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, sober gewoontes, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die implementering van strategie
- Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
- Algehele Beeskuddebestuur
- Kuddegesondheid
- Identifisering en behandeling
- Biosekuriteit
- Voorkomende Bestuur
- Weidingbestuur
- Beplanning
- Watervoorsiening
- Voeding en Lekke
- Kruipvoer
- Reproduksie
- Bestuur van Bulle
- KI en Sinchronisasie
- Bestuur van Dekseisoen
- Dragtigheidsondersoek
- Kalwerbestuur
- Kalwers Weeg
- Brandmerk
- Onthoring
- Kudde
- Monitor
- Getalle
- Diere voorberei vir Produksieveilings
- Administrasie en rekordhouding inlyn met die riglyne van die Bonsmara Telersgenootskap
- Kuddegesondheid
- Bestuur die totale produksiesiklus van voergewasse en aangeplante weiding
- Algemene Instandhouding en netheid op die Plaas
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Leierskap deur voorbeeld
- Bereiking van optimale produksie
- Verslagdoening
- Enige ander take soos van tyd-tot-tyd
Hierdie is n ideale geleentheid vir 'n Individu wat passievol, trots op sy/haar werk is, hardwerkend en verantwoordelik is binne 'n omgewing waar werk stiptelik, akkuraat en met passie verrig word.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 18 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar