Beesplaasbestuurder (Botswana)
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Beesboerdery in die Ghanzi distrik in Botswana, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Beesplaas, koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n geldige werkspermit vir Botswana OF is 'n Botswana burger (vereiste) en 'n toepaslike Tersiêre Landboukwalifikasie met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde met vorige ondervinding in Botswana (aanbeveel).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, sober gewoontes, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die implementering van strategie
- Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
- Algehele Beeskuddebestuur
- Kuddegesondheid
- Weidingbestuur
- Reproduksie
- Kudde
- Monitor en getalle
- Algemene Instandhouding en netheid op die Plaas
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Leierskap deur voorbeeld
- Bereiking van optimale produksie
- Verslagdoening
- Enige ander take soos van tyd-tot-tyd
Hierdie is n ideale geleentheid vir 'n Individu wat passievol, trots op sy/haar werk is, hardwerkend en verantwoordelik is binne 'n omgewing waar werk stiptelik, akkuraat en met passie verrig word.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 17 Maart 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]