Beesplaasbestuurder

Beesplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Beesboerdery in die Brandfort distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, raakvat en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde van 1 600 diere (Stoet en Kommersieël) en die Plaas van 6 500ha onafhanklik koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie in Veeteelt (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël) en 'n Kode 14 bestuurslisensie (aanbeveel).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, rekenaarvaardigheid, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Bestuur van Kalwers
        • Merk
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
    • Bemarking en aankope van Vee
  • Produksiesiklus van Voergewasse op droëland en onder besproeiing
  • Algemene Instandhouding op Toerusting en Infrastruktuur
  • Plaasnetheid en -sekuriteit
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (3 slaapkamers), elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 5 Junie 2024

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp