Beesstoet Administrateur

Beesstoet Administrateur picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n ervare, energieke en raakvat Beesstoet Administrateur om deel te word van die Boerdery se dinamiese Span.

Die ideale kandidaat het 3 – 5 jaar ondervinding in Beesstoetadministrasie, is lewenslustig en het ‘n vriendelike ge-aardheid met ‘n bo-gemiddelde fokus op detail.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste en genetika, jou blootstelling en/of ondervinding in Kunsmatige Inseminasie by Beeste, Embriospoeling en -oorplanting, uitstekende kommunikasievermoë, netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen ‘n vinnige tempo te werk en effektief onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Akkurate inpos van data
  • Algemene Administrasie inlyn met Telersgenootskap riglyne
  • Rekordhouding
  • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd deur Bestuur verlang

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 7 April 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp