Beesvoerkraalbestuurders

Beesvoerkraalbestuurders picture

Ons is opsoek na energieke, pro-aktiewe en passievolle Beesvoerkraalbestuurders vir moontlike toekomstige geleenthede. Die ideale kandidate het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 10 jaar+ ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n Beesvoerkraal met 'n passie vir Beesboerdery.

Kundigheid waarna ons opsoek is sluit in:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Beesvoerkraal
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Rantsoen- en bunkerbestuur
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid en Mortaliteit bestuur
    • Biosekuriteit
    • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat aan standaarde voldoen word
  • Doeltreffende en tydige afhandeling van verantwoordelikhede
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Basiese onderhoud en instandhouding van voerkraalkampe, voerkarre en trekkers
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Bewese Algemene Bestuursbeginsels vaardigheid

Kundige individue word genooi om deur die skakel te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede, en sal registrasie met die nodige diskresie hanteer word.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp