Besproeiingsbestuurder

Besproeiingsbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde boerdery in die Swartwater-distrik, bied ’n uitstekende geleentheid aan twee ervare en praktiese Besproeiingsbestuurders om verantwoordelikheid te neem vir die bestuur, onderhoud en herstel van die boerdery se besproeiingstelsels.

Hierdie poste vereis kandidate met sterk praktiese ervaring in besproeiing, met spesifieke fokus op spilpunte, pompe, pyplyne, elektriese foutopsporing en algemene instandhouding. Die ideale kandidate is selfstandige, tegnies sterk persone wat probleme vinnig kan identifiseer, praktiese oplossings kan implementeer en verantwoordelikheid kan neem vir die doeltreffende werking van besproeiingsinfrastruktuur.

Die boerdery is op soek na persone wat nie net besproeiing kan bestuur nie, maar ook sterk onderhouds- en herstelvaardighede het, veral op spilpunte en verwante toerusting.

Minimum Vereistes:

  • Minimum 5 – 10 jaar toepaslike praktiese ondervinding in besproeiingsbestuur
  • Gespesialiseerde ondervinding in besproeiingstelsels is noodsaaklik
  • Sterk praktiese kennis van spilpunte, pompe, pyplyne en waterstelsels
  • Bewese ervaring in foutopsporing, onderhoud en herstelwerk op besproeiingstelsels
  • Elektriese kennis en praktiese ondervinding met elektriese komponente sal sterk aanbeveel word
  • Semi-gekwalifiseerde of gekwalifiseerde elektrisiën sal ’n groot voordeel wees
  • Millwright- of soortgelyke tegniese agtergrond sal ’n verdere voordeel wees
  • Goeie algemene meganiese en praktiese vaardighede
  • Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
  • Geldige bestuurslisensie

Kernverantwoordelikhede:

  • Daaglikse bestuur en monitering van besproeiingstelsels
  • Onderhoud, herstel en foutopsporing op spilpunte
  • Onderhoud en herstel van pompe, pyplyne, kleppe en verwante waterinfrastruktuur
  • Elektriese foutopsporing en basiese herstelwerk waar toepaslik
  • Beplanning en uitvoering van besproeiingskedules volgens gewas- en produksiebehoeftes
  • Voorkomende instandhouding om stilstand en produksieverlies te beperk
  • Monitering van waterdruk, watervloei en stelselprestasie
  • Rapportering van probleme, herstelwerk en instandhoudingsbehoeftes aan bestuur
  • Algemene ondersteuning met plaasinstandhouding waar nodig
  • Verseker dat toerusting veilig, netjies en doeltreffend gebruik word

Persoonlike Eienskappe:

  • Prakties, tegnies ingestel en oplossingsgerig
  • Betroubaar, verantwoordelik en selfstandig
  • Goeie foutopsporingsvermoë
  • Hardwerkend en bereid om betrokke te wees waar nodig
  • Goeie kommunikasievaardighede
  • Vermoë om onder druk te werk, veral wanneer besproeiingstelsels probleme gee
  • Trots op netjiese werk, instandhouding en voorkoming van onnodige stilstand

’n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens ervaring, vaardighede en meriete.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 6 Julie 2026

Indien jy ’n ervare Besproeiingsbestuurder is met sterk onderhouds- en herstelvaardighede, veral op spilpunte, en opsoek is na ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur die skakel👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp