Bestuurder: Besproeiing

Bestuurder: Besproeiing picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Bestuurder om die Besproeiing van die Boerdery effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou of "Millwright" Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in effektiewe Besproeiingsbestuur met werkende kennis in die Totale Produksiesiklus van Groente (veral Aartappels, en/of Uie) sal in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou dryf, sterk organisasieververmoë, eienaarskapmentaliteit en vermoë om effektief onder druk te funksioneer met sterk meganiese-, elektriese- en besproeiingsbestuur ondervinding, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van besproeiing
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van Spilpunte, Pompes en Pype
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Voldoen aan standaarde
  • Betrokke wees by die produksiesiklus van aartappels en uie
  • Enige ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur dièskakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp