Bestuurder: Besproeiing
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Jan Kempdorp distrik in die Noordkaap, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Bestuurder om die Besproeiing van die Boerdery effektief te bestuur deur alle spilpuntbesproeiingstelsels te optimaliseer om doeltreffende waterbenutting, betroubare werking, en konsekwente optimale gewasprestasie te verseker inlyn met die Plaas se produksie-, water- en kostedoelwitte.
Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Elektrisiën (aanbeveel) met meer as 5 jaar bewese ondervinding in spilpunt-, micro- en drupbesproeiing (bestuur/operasie/onderhoud), het 'n goeie tegniese begrip van waterdruk, vloei, pompstelsels en pypnetwerke, goeie kennis van elektriese stelsels (panele, sensors, beheerders) met werkende kennis van grondvogmonitering (tensiometers/sensors), weerstasies, besproeiingsagteware, fertigasie/chemigasie en toepaslike sertifisering (bv. AVCASA waar relevant).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk probleemoplossing en foutopsporing, akkuraatheid, rekordhouding en beplanning, selfstandigheid, betroubaarheid en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Sleutelverantwoordelikhede
- Beplanning en skedulering van besproeiing
- Implementeer daaglikse/weke-likse besproeiingskedules per land en gewasstadium
- Pas besproeiing aan volgens weerdata, grondvog, verdamping en waterbeperkings
- Monitor en bestuur waterlogistiek (damme, kanale, boorgate, reservoirs)
- Operasionelebestuur van spilpunte
- Verseker spilpunte loop korrek en op tyd, met toepaslike spoed, druk en volume
- Monitor druk, vloei, nozzles, ratkaste, wiele, sprinklers en spoedbeheer
- Hanteer stilstand vinnig en herstelwerk om produksieverlies te beperk
- Onderhoud en herstelwerk
- Stel en bestuur ’n voorkomende onderhoudsplan (daagliks/maandeliks/seisoenaal)
- Identifiseer en herstel foute
- lekke, spuitpatrone, elektriese foute, meganiese slytasie
- Bestuur onderdele, voorraad en gereedskap, en hou rekord van vervangings en dienswerk
- Pompstasies, elektries en kragbestuur
- Bestuur pompstasies (elektries/diesel), filters, kleppe en pyplyne
- Monitor kragverbruik en optimaliseer looptye om koste te beperk
- Verseker veilige werking van elektriese panele, VSD’s, starters en beheerstelsels
- Chemigasie/Fertigasie
- Administreer fertigasie en/of chemigasie volgens program en veiligheidsprotokolle
- Kalibreer en monitor dosering, mengsels, en verseker regte toediening per land
- Data, rekordhouding en verslagdoening
- Hou akkurate rekords van: besproeiingsure, volumes, blokke, probleme, herstelwerk en waterverbruik
- Verskaf gereelde terugvoer/verslae aan die plaasbestuurder/produksiebestuurder
- Personeel- en veiligheidbestuur
- Lei en bestuur spanne/operateurs wat met spilpunte en pompe werk
- Handhaaf veiligheids- en nakomingsstandaarde
- Sorg vir netheid, orde en verantwoordelike gebruik van toerusting.
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: Maart/April 2026
Aansoeke sluit: 9 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13 de tjek, mini bonus, gratis behuising, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar