Bestuurder: Eierproduksie

Bestuurder: Eierproduksie picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde eierproduksie-onderneming in die Sasolburg-distrik, is opsoek na ’n betroubare, praktiese en selfstandige Bestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die daaglikse bestuur, beheer en verdere optimalisering van die boerdery se produksie-eenheid.

Hierdie is ’n sleutelpos vir ’n kandidaat wat daarvan hou om eienaarskap te neem, selfstandig te funksioneer en ’n direkte impak te hê op produksie, gehalte, personeelbestuur, instandhouding, administrasie en die algemene winsgewendheid van die operasie.

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die eenheid, insluitend die bestuur van henne, produksie, voer, personeel, voorraad, pakhuisbeheer, fakturering, onderhoud en algemene operasionele dissipline.

Hierdie pos bied aan die regte kandidaat die geleentheid om werklik beheer te neem van ’n volledige produksie-eenheid. Die rol is ideaal vir ’n persoon wat sterk praktiese insig, goeie administratiewe beheer, ’n natuurlike verantwoordelikheidsin en ’n sterk persoonlikheid kombineer.

Die suksesvolle kandidaat sal die geleentheid hê om stelsels te versterk, produksie te optimaliseer, personeel doeltreffend te bestuur en ’n netjiese, goed georganiseerde boerdery- en pakhuisomgewing verder uit te bou. Vir ’n kandidaat wat trots is op kwaliteitwerk, standaarde handhaaf en oplossingsgedrewe werk, bied hierdie pos ’n waardevolle platform om langtermyn by te dra binne ’n stabiele en professionele werksomgewing.

Die ideale kandidaat beskik oor:

  • Bewese praktiese ondervinding in die bestuur van ’n soortgelyke boerdery-, pluimvee- of produksie-omgewing
  • Goeie kennis van hoenders, produksiebestuur en die identifisering van siektes of gesondheidsprobleme
  • Ervaring met omgewingsbeheerde sowel as nie-omgewingsbeheerde hokke sal sterk aanbeveel word
  • Sterk administratiewe vermoë, insluitend voorraadbeheer, fakturering en rekordhouding
  • Goeie mensebestuur- en leierskapvaardighede
  • Vermoë om produksie, pakhuisaktiwiteite en operasionele prosesse te bestuur en te beheer
  • Praktiese instandhoudingsvermoë, met basiese meganiese en elektriese kennis
  • Goeie beplanning-, organiserings- en probleemoplossingsvermoë
  • Vermoë om selfstandig te werk, maar ook effektief binne ’n span te funksioneer
  • Basiese rekenaarvaardighede
  • ’n Sterk persoonlikheid en vermoë om dissipline, standaarde en struktuur te handhaaf

Sleutelverantwoordelikhede

  • Volledige bestuur van die eierproduksie-eenheid
  • Daaglikse toesig oor henne, gesondheid, produksie en algemene welstand
  • Identifisering van siektes, produksieprobleme en ander risiko’s binne die hokke
  • Bestuur van voer, insluitend beplanning, bestelling en beheer van verbruik
  • Monitering van eierproduksie, verliese, kwaliteit en uitsette
  • Bestuur en beheer van die pakhuis, verpakking en verwante voorraad
  • Daaglikse bestuur van personeel, werktoewysing, toesig en dissipline
  • Bestuur van voorraadvlakke, insluitend voer, verpakking, medikasie en ander insette
  • Opbou en instandhouding van voldoende voorraadvlakke
  • Opstel en bestuur van fakture en basiese administrasie
  • Verseker dat bestellings betyds en akkuraat verwerk word
  • Toesig oor die instandhouding van hoenderhokke, toerusting en infrastruktuur
  • Basiese onderhoud, foutopsporing en praktiese herstelwerk waar nodig
  • Beplanning en organisering van daaglikse, weeklikse en maandelikse take
  • Identifisering van probleme en implementering van praktiese, volhoubare oplossings
  • Handhawing van netheid, orde, standaarde en operasionele dissipline op die boerdery

Persoonlike Eienskappe

  • Eienaarskapmentaliteit
  • Sterk persoonlikheid
  • Prakties ingestel
  • Noukeurig en detailgeoriënteerd
  • Betroubaar, konsekwent en verantwoordelik
  • Probleemoplossend en proaktief
  • Goed georganiseerd en sterk met beplanning
  • Kan selfstandig funksioneer
  • Kan ook goed saam met ’n span werk
  • Vermoë om onder druk te werk en standaarde te handhaaf

’n Markverwante salaris eie aan die, onderhandelde prestasiebonus, gratis verblyf (4-slaapkamerhuis), water en elektrisiteit word aangebied

Diensaanvaarding: Onmiddelik

Sluitingsdatum: 31 Mei 2026.

Indien jy ’n toegewyde en selfstandige Bestuurder is met praktiese produksie-ervaring, sterk administratiewe beheer en die vermoë om mense, produksie en standaarde effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek deur dié skakel:[aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp