Bestuursegpaar: Jaguitruster en Lodgebestuurderes

Bestuursegpaar: Jaguitruster en Lodgebestuurderes picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas en Lodge in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar wat verantwoordelik sal wees vir die volhoubare finansiële groei, en gesonde kliënteverhoudings as Jaguitruster en Lodgebestuurderes.

Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas-, Jag- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die ideale kandidaat, wat die kontakpunt van die onderneming sal wees, is toegewyd, het 'n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming, effektiewe bemarking en akkurate uitvoering om suksesvolle eienaarskap te neem, is ‘n geregistreerde Jaguitruster (Groot 5 sal in jou guns tel), is ‘n geregistreerde Professionele Jagter (Limpopo), het bewese besigheidservaring op die gebied en toegang tot ‘n kliëntenetwerk en jagkonessies.

Pligte

  • Bestuur van besigheids-strategie, beide gefokus op finansiëlegroei en kliëntetevredenheid
  • Identifiseer nuwe markte en kliëntbehoeftes
  • Interaksie met voornemende kliënte
  • Effektiewe bemarking deur Internasionale Skoue
  • Bevorder en bestuur die Besigheid se dienste om aan kliënte se behoeftes te voldoen
  • Verseker dat die wetsbepaalde reëls en riglyne nagekom word
  • Begrotingsbestuur
  • Rekordhouding van kliëntebasis, inkomste, uitgawes, fakture ens.
  • Verskaf betroubare terugvoer en ondersteuning
  • Bou en bestuur van langtermynverhoudings met nuwe en bestaande kliënte
  • Samestelling van aantreklike jagpakette, vervoer, maaltye en akkommodasie
  • Reel en organiseer kliënte se jag van begin tot einde
  • Verkryging van nodige permitte wat die kliënt in staat stel om wettig te jag
  • Tree op as Ambassadeur van die Besigheid

Lodgebestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n 5 stêr Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, ‘n en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorhuispligte
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Drank- en voedselvoorraadbeheer
  • Onderhandel met verskaffers
  • Koördinering van dag-tot-dag Lodge aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van lodge-inventarisse
  • Kombuisbestuur
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele Egpaar met die vermoë om die Besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 April 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur diè skakel

Share on
Click here to contact us on WhatsApp