Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge

Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n gediversifiseerde Boerdery (Wild, Toerisme en Lodge) in die Vaalwater distrik, is opsoek na 'n jong, energieke en dinamiese Bestuursegpaar wat verantwoordelik sal wees vir die dag tot dag bestuur van die Boerdery in samewerking met die Eienaar.

Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas-, Toerisme en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Wild- en Gasteplaas met gesonde kliënteverhoudings.

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, ‘n geldige bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van die Wildplaas
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplante en instandhouding van paaie en heinings
    • Voedingsbestuur
    • Ontvang van Gaste
    • Uitneem van Gaste op wildbesigtiging uitstappies en ritte
    • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Lodgebestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ontvang van Gaste
  • Administrasie- en ontvangspligte
  • Bemarking en sosiale media
  • Toesig oor huishouding en verslagdoening van alle onderhoudsvereistes
  • Voorraadbeheer en voorraadbestelllings
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Koördinering van dag-tot-dag aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van inventarisse
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong professionele Egpaar wat die vermoë het om die Gasteplaas te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Januarie 2026

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (twee slaapkamer), elektrisiteit en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur die skakel 

Share on
Click here to contact us on WhatsApp